EDEN RADIO CLUB ZS1ERZ
International Lighthouse weekend 00.01 UTC 16th August to 24.00 UTC 17th August 2025 (48 hours)
Allstar 600741
Echolink ZS1COR-L
ZS1SB-L
ZS1I-L
RF 145.525 with 88.5 tone, RF 145.750 with 88.5 tone, 145.700, 145.550 with 88.5 tone
UHF 432.000 TX
439.600 RX
Suid Afrika se Amateurradio Vuurtoringnaweek is 'n merkwaardige gebeurtenis wat Radioamateurs
Dit alles terwyl hulle omring word deur
bymekaar bring van regoor die land om hul passie vir Kommunikasie en tegnologie te deel.
Hierdie jaarlikse unieke naweek bied 'n platform vir Radioamateur entoesiaste om hul vaardighede ten
toon te stel, kennis uit te ruil, publiek geëintereseerd te kry in wat ons doen en aan 'n vriendelike
kompetiesie deel te neem waar kameraderie opnuut geskep word.
deur die boeiende skoonheid en betekenis van ons vuurtorings.
Vuurtorings het vir baie baie jare ‘n belangrike rol in maritieme navigasie gespeel en skepe veilig langs
ons verradelike kuslyn gelei. Hierdie argitektoniese wonders simboliseer die belangrikheid van
kommunikasie.
In die moderne era is langafstand radio kommunikasie ‘n onmisbare aspek tydens navigasie, maar tog
speel die Vuurtorings steeds ‘n baie belangrike rol.
Deur inspirasie hieruit geput, is die Vuurtoringnaweek ontwerp as ‘n jaarlikse geleentheid om die gees
van konnektiwiteit onder radioamateurs in Suid Afrika en wêreldwyd te vier deur hul tegniese
vaardighede met die vinnige opstel van moderne radiostasies met verskillende antennas te demonstreer
en ook hul passie en toegewydheid vir radiokummunikasie te deel.
Deelnemers kom in spanne wat gereël word deur die verskillende klubs by verskeie ligtorings langs on
kus bymekaar en wat dan elkeen as ‘n fokuspunt vir hul aktiwiteite dien.Oor die naweek het radioamateurs hul komunikasiestelsels so opgestel met toerusting en antennas om
soveel as moontlik kontak te maak met mede-entoesiaste plaaslik en regoor die wêreld te bewerkstellig.
Een van die “ons het dit gedoen” gevoelens by die vuurtorings is waar die vuurtoring operateurs
ophopings “ pile ups” moet hanteer waar verskeie roepe gelyktydig inkom. Ook vir die manne wat roep
na die vuurtorings en hul sein word gehoor bo ander, is dit ‘n veer in die hoed.
Hierdie naweek kweek ook ‘n gevoel van kameraadskap onder die deelnemers, aangesien daarna
gestreef word om kontak met soveel as moontlik stasies te maak met die tydelike stasie opgestel. Dit is
nou kontakte gemaak deur die vuurtoring operateurs, asook kontakte gemaak na vuurtorings deur die
individuele operateurs.Die vuurtoringnaweek speel ‘n belangrikke rol in die bevordering van amateurradio as ‘n stokperdjie.
Deur die vermoëns van radiokommunikasie en die kameraadskap onder entoesiaste ten toon te stel, lok
die geleentheid sowel gesoute amateurs, nuwe amateurs en diegene wie nuuskierig is oor die
stokperdjie. Dit is weereens hierdie naweek bewys deur die letterlik duisende kontakte wat gemaak en
ge”log” is.Die blootstelling wat tydens hierdie geleentheid gegenereer word, help om bewustheid te verhoog oor
die voordele van radioamateur kommunikasie, wat weer hopelik nuwe entoesiaste inspireer om by ons
gemeenskap aan te sluit asook om die kulturele, argitektoniese en erfeniswaarde van ons vuurtorings te
waardeer.Nico
ZS1ZA